Friday 7 December 2018

Terreindienstegnologie ...

Danika Kotzé en
Leande Swanepoel
Danika Kotzé en
Leande Swanepoel
Om terreindiens tydens 'n pouse te doen, is nie kinderspeletjies nie. 'n Mens moet oor karaktereienskappe beskik wat amper aan die onmoontlike grens. Jy moet oë soos 'n verkleurmannetjie hê, lang arms soos 'n seekat en voete soos 'n ribbok ... Niks mag jou arendsvisie ontsnap nie.

Vandag, toe mev. Alet Harding se kleindogter en haar maat, die terrein deurkruis, met die gemak van 'n Vrystaatse Cheetah, toe lyk dit na die gedeeltelike oplossing van terreindiensprobleme!!! Die twee modelle het flink op die skoolterrein gedemonstreer hoe hierdie stukkie tegnologie ingespan kan word. Dit verleen onmiddellike spoed aan die persoon op diens, veral sommiges, en die uitputtingsfaktor word tot zero gereduseer. Viva tegnologie.

[Modelle: Danika Kotzé, mev. Alet Harding se kleindogter en Leande Swanepoel, dr. Yolande Cronje se dogter.]