Sunday 9 December 2018

Son, sand en sewes ...

Die voorreg wat die handjievol rugbyspelers het om deel te neem aan die "Emirates Airline Dubai Rugby Sevens" is vasgevang in 'n paar foto's.

Ayanda Mqambeni, 'n graad 11-leerder van HTS, is deel van die span wat eendag hierdie ervaring op sy CV kan skryf.

Die redaksie wag op sy terugkeer, sodat daar 'n eerstehandse onderhoud met Ayanda gevoer kan word. Intussen is die skool baie trots op hierdie leerder wat weet hoe om 'n rugbybal te hanteer.

Foto's: Baie dankie, mnr. JD van den Berg wat Tekkie Tonic op hoogte van sake hou.