Wednesday 19 December 2018

'n Vroeë kersgeskenk ...

Mnr. André van Dyk het 'n vroeë kersgeskenk gekry, toe 'n skrywer hom kontak met goeie nuus. Ons kan nie die aap uit die mou laat nie, ook nie ou koeie uit die sloot grawe nie, maar sonder om te blik of te bloos, kan ons sê dat die hoë bome by HTS die meeste wind vang.

Mnr. Van Dyk lyk maar net soos iemand wat oor koeitjies en kalfies gesels, maar mense wat dink hy praat deur sy nek, sal op hulle neuse moet kyk, as die geheim op die lappe kom.

Die redaksie besef dat die lesers nie die kloutje by die oor gaan bring, na die lees van die artikel nie. Hou egter die bekendstelling van nuwe boeke in die pers dop ...   

Leen julle ore uit of spits julle ore, binnekort sal dit op almal se lippe wees. MINstens gaan 'n klomp mense verras wees. Viva woorde!!