Monday 17 December 2018

'n Oratoriese kragtoer ...

'n Kenmerk van Pule wat deur sy hele skoolloopbaan uitgestaaan het, is sy nederigheid. Op 'n stil manier het hy berge verskuif en groot kompetisies gewen. Hy het 'n vlymskerp brein as dit by redeneer kom en hy het hierdie vaardigheid geslyp met die hulp en raad van sy mentor, Lesala Khetheng.

As voorsitter van die skool in 2017 het hy op dieselfde manier opgetree. Hy het graag ander gehelp en het gedurende hierdie skoolvakansie, voordat hy aan die PAN AFRICAN-kompetisie gaan deelneem het, vir Lesala kom help om die skoolspan af te rig wat aan die SA-kompetisie gaan deelneem het. Beskeidenheid en hulpvaardigheid is inherent deel van sy menswees. Die skool is trots op jou en Tekkie Tonic hou jou vordering met 'n valkoog dop. Viva debatteerders.

2017: Ondervoorsitter - Johan Pretorius en voorsitter - Pule Mmula