Friday 5 October 2018

MJC hou 'n spesiale provinsiale vergadering ...

Ratshimolo Rudzani, die projekleier van Save the Children SA, het 'n brief aan die Matjhabeng Munisipaliteit geskryf om die MJC (die uitvoerende raad en 5 gewone lede) te ondersteun en te help met vervoer na die Nasionale Kinderparlement in Limpopo. Hulle sal deel vorm van die afgevaardiges van die Vrystaat.
 
Saterdag, 29 September 2018, het die junior stadsraad saam met afgevaardiges van die Nelson Mandela-kinderfonds en Save the Children SA wat in vennootskap met die Departement van Sosiale Ontwikkeling is, by die munisipaliteit vergader. Planne is gemaak, idees is op die tafel gesit en 'n vrugbare vergadering het die Saterdagoggend rondom die tafel plaasgevind. Hierdie klompie afgevaardigdes kon egter nie die kinderparlement bywoon nie, want hulle het nie twee weke voor die tyd die reisreëlings met die munisipaliteit bespreek nie. Gelukkig gaan die hotelverblyf se geld aan hulle terugbetaal word en kan hulle dit gebruik vir hulle eerste projek. Sterkte met 'n kort en besige termyn 2018/2019. Mag julle van krag tot krag groei!

 
Kgomoco Podumo, the Free State Ambassador for 2017/2018

Tshegofatso Khalifa (Financial Manager), Kgosana Moeketsi
(Deputy Mayor), De-Wet Botha (Municipal Manager),
Thandeka Monyake (Mayor), Andile Bobejaan (Speaker of
office), Tshepang Hlatywayo (Junior), Pumla Buthelezi (Junior)