Thursday 4 October 2018

Tot siens, HTS

Mev. Melissa Broodryk was 5 jaar lank 'n wiskunde onderwyseres by HTS. Sy het letterlik haar onderwystande hier geslyp. Dit is beslis nie maklik om as 'n groentjie by enige tegniese skool in te stap nie, maar die onderwyservaring kan geen geld koop nie. Dankie vir die omgee-saad wat jy in die harte van baie van die Tekkies gesaai het. Die klomp gaan jou beslis mis ... veral die graad 9B's!

Dankie vir al die positiewe insette wat jy oor die jare by SAGE gelewer het. Dit sal heerlik wees as daar 'n nuwe span van Potchefstroom se kant af aan die provinsiale kompetisies gaan deelneem en dan kan ons so 'n vinnige Tekkie-kuier inwerk!

Baie seën en voorspoed vir die toekoms, asook by die nuwe skool. Laat weet so af en toe hoe dit gaan - ons hou graag kontak met oudTekkies!!