Thursday 25 October 2018

Eskom-kragonderbreking ...

Indien Eskom besluit om instandhoudingswerk  in die middel van die week te doen, dan moet mense nogal hare op hul tande hê, veral die boekstoorsekretaresse wat die vraestelle vir die eksamen op hande, moet afrol. 

Sy kon egter nie dat 'n dag (donker dag, want daar is nie vensters in die boekstoor nie) sommer so by haar verby glip nie, dus het sy maar die vraestelle nadergetrek en solank geproeflees ... by kerslig. Dus kan daar met alle eerlikheid gesê word dat me. Estia Greeff vandag die lig by HTS was!